Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Skoolseunblues" deur JOHAN VAN WYK
"Skoolseunblues" deur JOHAN VAN WYK [boodskap #20654] Wo, 03 Februarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Skoolseunblues
Johan van Wyk
("Bome gaan dood om jou" 1981)

agter in die skoolbus het Jesse geleer
hoe om te rook
het sy gewys tot waar sy beenhare skeer
agter in die skoolbus
het sy geleer om 'n seun te vry
om tekens te wys
het sy 'n ballpointpenhart geteken
met die naam van haar onnie

Jesse Jesse my stem is gebreek
en ek het nog nooit gerook
of met die tong gesoen nie

sy dans met getroude mans
in die katolieke kerk
op Sondae sit sy in 'n sportmotor by die
park
sy het 'n ou in die army
sy het 'n ou op Hennenman
sy draai die onnie om haar pinkie
ma sê Jesse het niks tussen haar ore nie
dan kyk ma in haar spieëltjie

Jesse Jesse my stem is gebreek
en ek het nog nooit gerook
of met die tong gesoen nie
Vorige onderwerp: Parte
Volgende onderwerp: Nuwe Artikels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 12:46:47 MGT 2024