Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » President van Daewoo doodgeskiet
President van Daewoo doodgeskiet [boodskap #20653] Wo, 03 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die sakegemeenskap en politici het die moord op die President van Daewoo
Suider-Afrika, YK Qun, veroordeel. Hy is vanoggend in Morningside, Sandton,
doodgeskiet.
'n Woordvoerder van die maatskappy sê die 49-jarige Qun is alleen huis toe
nadat hy gisteraand saam met die Koreaanse ambassadeur geëet het. Mense wat
saam met hom in die huis gewoon het, het sy liggaam in die vroeë oggendure
in die motor gevind nadat die honde geblaf het.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat Qun dood is in 'n mislukte
kapingspoging, of dalk die slagoffer van 'n sluipmoordenaar was. Hy was
blykbaar betrokke by 'n ooreenkoms wat miljoene rande se beleggings na
Suid-Afrika sou bring.

Daewoo se Hoofbestuurder: Bemarking en Verkope, Pieter Coetzee, sê Qun het
sedert Januarie verlede jaar in Suid-Afrika gewoon en het geglo dat misdaad
sal afneem en die land se ekonomie sal herstel. Sy gesin het in Korea agter
gebly. Hulle is tans onderweg na Suid-Afrika.
Re: President [boodskap #23998 is 'n antwoord op boodskap #20653] Wo, 16 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"J. van Noordt" wrote:
> Wat vinden jullie van de nieuwe president van SA?
>
Ek sien iemand in die Briste pers verwys na hom as Mbekiavelli.

Verwysing na sy sterk neiging om mag in sy eie hande te konsentreer. PW
Botha het dit ook gedoen.

Kom ons kyk wat maak hy daarmee.

En of hy dit teruggee as hy daarmee klaar is.

(Daar is natuurlik voorspellings, byvoorbeeld op grond van Siener van
Rensburg, dat hy nie sy termyn sal voltooi nie. 'n Xhosa-vriendin van
ons het 'n profesie ontvang dat Mbeki voor die einde van sy termyn
vervang sal word deur 'n ongeduldige jong diktator wat 'n baie
onderdrukkende regime sal vestig. Nou ja - ons sal maar sien.)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Baie dankie!
Volgende onderwerp: Op die gevaar af....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 23 14:16:12 MGT 2024