| kram [boodskap #150579] |
Sa., 27 Desember 2025 16:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kram wat 'n draad in plek hou.
kram
Afbreking: kram
Selfstandige naamwoord: kram
Meervoud: kramme
Verkleinwoord: krammetjie
Meervoud van verkleining: krammetjies
Betekenis:
• Stukkie metaal waarmee papiere vasgeheg word.
• 'n U-vormige stukkie metaal met skerp punte waarmee iets vasgekap word.
Gebruik:
• Die klerk haal die krammetjie uit om die stapel vorms los te maak.
• Die elektrisiën kap die draad met krammetjies teen die muur vas.
Afgelei:
• krambinder
• kramdrukker
• krammer
• kramskieter
Vertaling:
Engels: staple
Nederlands: kram
Werkwoord: kram
Verlede tyd: het gekram
Betekenis:
• Om iets met 'n stukkie metaal vas te heg.
Gebruik:
• Die kantoorwerker kram die fakture aan mekaar vas.
Afgelei:
• vaskram
Vertaling:
Engels: to cramp, staple
Nederlands: krammen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|