Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Parte
Parte [boodskap #20652] Wed, 03 February 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Senior Lid
Sekere liggaamsdele wat vroeër onnoembaar was en deesdae by byna elke
gesprek ingesleep word - veral sedert Clinton-Monica - was ook al lank
die onderwerp van gedigte (onder andere). Ook die voorwerp waarmee
gespot is. Dink maar aan Lysistrata.

Ek onthou nog toe ek Eybers se (vir my ontroerende) "Jong Seun" die
eerste keer gelees het, en die skok waarmee ek die laaste reël getref
het! Dié gedig, en "Tersine" (Roulynolie vir my krieketkolf) is twee
pragtige werkies. Veral "Tersine" is vol heimwee en nostalgie wat tot my
spreek noudat my eie kinders op die punt staan om die wye wêreld te
betree.

Dié gedigte het ek so lanklaas gelees; as iemand dit hier kan/wil plaas,
sal ek nogal bly wees daaroor.

Dankie!
Vorige onderwerp: Re: Dof
Volgende onderwerp: "Skoolseunblues" deur JOHAN VAN WYK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 18:06:45 UTC 2024