| krater [boodskap #150545] |
Do., 25 Desember 2025 16:46 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die maan se oppervlak is vol kraters.
krater
Afbreking: kra•ter
Selfstandige naamwoord: krater
Meervoud: kraters
Verkleinwoord: kratertjie
Meervoud van verkleining: kratertjies
Betekenis:
•) 'n Komvormige gat in die grond (soos die bek van 'n vulkaan of impak van 'n meteoriet).
• 'n Gek; simpel vent.
Gebruik:
• Die ontploffing het 'n diep krater in die pad veroorsaak.
• Moenie 'n krater van jouself maak nie.
Hiponiem:
• boogkrater
• granaatkrater
• mynkrater
• newekrater
• padkrater
• slagkrater
• sykrater
Afgelei:
• kratermeer
• kraterpan
• kraterpyp
• kraterrand
• kratervormig
• kraterwand
Vertaling:
Engels: crater
Nederlands: krater
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|