| salpeter [boodskap #150446] |
So., 07 Desember 2025 09:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
salpeter
Afbreking: sal•pe•ter
Selfstandige naamwoord: salpeter
Meervoud: salpeters
Betekenis:
• 'n Kristalvormige mineraal en delfstof wat uit kaliumnitraat bestaan.
Gebruik:
• Salpeter word onder andere gebruik vir voedselbewaring, buskruit, vuurwerke en kunsmis.
Hiponiem:
• barietsalpeter
• kalisalpeter
• natronsalpeter
Afgelei:
• salpeteragtig
• salpeterig
• salpeterpapier
• salpeterproduksie
• salpetersuur
• salpeteruitslag
• salpetervorming
• salpeterwater
Vertaling:
Engels: saltpetre, nitre
Nederlands: salpeter
Nota:
• Van die Latynse sal (sout) en die Griekse πέτρα (rots, steen).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|