Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wagter
wagter [boodskap #150409] Do., 04 Desember 2025 20:11
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24060
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wagter
Afbreking: wag•ter
Samestelling: wag(t) + -er


Selfstandige naamwoord: wagter
Meervoud: wagters
Verkleinwoord: wagtertjie
Meervoud van verkleining: wagtertjies

Betekenis:
• Iemand wat waghou of iets bewaak/oppas.

Gebruik:
• Toe sê die Here vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter? [Genesis 4:9]

Sinoniem:
• bewaarder
• bewaker
• herder
• hoeder
• oppasser
• verdediger

Hiponiem:
• baanwagter
• babawagter
• bankwagter
• beeswagter
• bergskaapwagter
• blokwagter
• bokwagter
• boswagter
• brugwagter
• deurwagter
• doelwagter
• drumpelwagter
• ganswagter
• grafwagter
• grenswagter
• haremwagter
• hekwagter
• kerkerwagter
• kinderwagter
• klaasskaapwagter
• klipwagter
• koeiwagter
• kuswagter
• lynwagter
• maanwagter
• nagwagter
• oorwegwagter
• paaltjiewagter
• pontwagter
• poortwagter
• saalwagter
• seinwagter
• skaapwagter
• skagwagter
• sluiswagter
• toringwagter
• varkwagter
• veewagter
• veldwagter
• wiegwagter
• wildwagter

Afgelei:
• wagtery

Vertaling:
Engels: guard, watchman, shepherd
Nederlands: wagter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Judaïsme
Volgende onderwerp: toeligting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 07:26:36 UTC 2025