Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plof
plof [boodskap #150397] Di., 02 Desember 2025 17:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24060
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plof
Afbreking: plof


Tussenwerpsel: plof

Betekenis:
• Klanknabootsing (onomatopee) van iets wat val of ontplof.

Gebruik:
Plof, val hy op die bank neer!

Sinoniem:
• doef
• kaplaks

Vertaling:
Engels: plonk, splat, thump
Nederlands: plof


Selfstandige naamwoord: plof
Meervoud: plowwe

Betekenis:
• Die dowwe klank van iets wat val of ontplof.

Gebruik:
• Die boek val met 'n plof op die grond neer.
• Ek het twee plowwe gehoor.

Sinoniem:
• plofgeluid

Afgelei:
• plofgas
• plofhou
• plofkop
• plofmengsel
• plofstof
• plofpuin
• plofpunt
• plofslag
• plofstof
• ploftoestel
• plofvas
• plofvry

Vertaling:
Engels: plonk, splat, thump
Nederlands: plof


Werkwoord: plof
Verlede tyd: het geplof
Teenwoordige deelwoord: ploffend, ploffende

Betekenis:
• Om 'n dowwe geluid te maak.

Gebruik:
• Die klip plof in die water.

Afgelei:
• afplof
• inplof
• neerplof
• ontplof
• terugplof

Vertaling:
Engels: to thud
Nederlands: ploffen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veiligheidsharnas
Volgende onderwerp: bloeiperiode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 07:26:50 UTC 2025