Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » speeltyd
speeltyd [boodskap #150391] Di., 02 Desember 2025 11:13
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24060
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
speeltyd
Afbreking: speel•tyd
Samestelling: speel + tyd


Selfstandige naamwoord: speeltyd
Meervoud: speeltye
Verkleinwoord: speeltydjie
Meervoud van verkleining: speeltydjies

Betekenis:
• Die tyd wanneer iemand mag speel.
• Die tyd wat 'n wedstryd duur.

Gebruik:
• Een van die kinders het tydens speeltyd seergekry.
• Met speeltyd verstreke was die telling 12-12.

Spreekwoord:
• Dit is heeltyd speeltyd. [Aanhoudende pret en plesier; sonder erns.]

Sinoniem:
• pouse
• speelbeurt

Vertaling:
Engels: playtime; game time
Nederlands: speeltijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herkou
Volgende onderwerp: boereraat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 05 07:26:46 UTC 2025