| herkou [boodskap #150390] |
Di., 02 Desember 2025 10:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24061 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
herkou
Afbreking: her•kou
Samestelling: her- + kou
Werkwoord: herkou
Verlede tyd: het geherkou
Teenwoordige deelwoord: herkouend, herkouende
Verlede deelwoord: geherkoude
Betekenis:
• Om op te bring en weer te kou.
• (figuurlik) Om herhaaldelik oor iets te dink of te praat.
Gebruik:
• Herkouers soos skape en beeste herkou hulle voedsel.
• Hy het lank aan die idee geherkou voordat hy besluit het wat om te doen.
Sinoniem:
• rumineer
• herbesin
• mediteer
• oordink
• oorpeins
• pieker
• tob
Afgelei:
• herkouer
• herkouery
• herkouing
• herkoutjie
Vertaling:
Engels: to ruminate, chew the cud; to rehash
Nederlands: herkauwen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|