| lekkerkry [boodskap #150283] |
Wo., 19 November 2025 17:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
lekkerkry
Afbreking: lek•ker•kry
Samestelling: lekker + kry
Selfstandige naamwoord: lekkerkry
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Aangename gevoel; 'n bron van genot of vreugde.
Gebruik:
• Jy moet die swaarkry met lekkerkry klaarkry.
• My tone krul van pure lekkerkry.
Sinoniem:
• genot
• plesier
Vertaling:
Engels: enjoyment, delight, pleasure
Nederlands: plezier, genoegen, genot
Werkwoord: kry lekker, lekkerkry
Verlede tyd: het lekkergekry
Teenwoordige deelwoord: lekkerkryend, lekkerkryende
Verlede deelwoord: lekkergekryde
Betekenis:
• Om iets wat lekker of aangenaam is te ervaar.
Gebruik:
• Hy kry tot in sy tone lekker.
Sinoniem:
• geniet
• verkneukel
• verlustig
Vertaling:
Engels: to enjoy, take pleasure in
Nederlands: genieten, plezier hebben
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|