Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: SA musiek - tweedeklas, onoorspronklik? My agterkwart.
Re: SA musiek - tweedeklas, onoorspronklik? My agterkwart. [boodskap #20369] Wed, 27 January 1999 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Jan 1999 23:04:55 -0700, "Bees" wrote:

net kopieer, maar ek dink nie 'n Kerkorrel sou die sukses gehad het wat hy[/color]
> in Europa (Nederland, Belgie, om vanselfsprekende redes) gehad het nie as hy
> nie iets nuuts gebring het nie. Natuurlik is daar elemente van sy musiek wat
> hy geleen het - dit is nie die punt nie. En hy, sy mark inaggenome, ding
> mee - laat daar geen twyfel wees nie. Die punt - is dat Kerkorrel of Valiant
> Swart, of Hugh Masekela, nie in dieselfde reisies as U2 is nie. Hulle markte
> is totaal verskillend gedefineer.>>

Ek praat van Rock musiek. Kerkorrel en Masekela is dus nie relevant
nie.
Ek praat net van rockmusiek hier. Afrikaanse kabaret-tipe musiek en
swart jazz is ander soorte diere.
Ek vir my is plaaslike rock - met moontlik een of twee oomblikke van
uitsondering - tweedeklas namaaksels van Amerikaanse en Britse rock -
van n tyd gelede.
Dalk is daar n band iewers wat my totaal verkeerd bewys. Dit sal n
blye dag wees as dit gebeur, maar dit wat ek hoor is maar dof en
vervelig.

Elke keer as ek hom hoor, raak ek nostalgies oor my studentedae.
Dan
>> wil ek al daai ou LP's weer kaan koop.
>
> Nou ja Ferdi, moenie dat ek jou betrap dat jy luister na "tweedeklas" musiek
> nie. >>

Ek raak nostalgies om die oorpronklike Amerikaanse en Britse rock van
die jare 70 te gaan koop.
Re: SA musiek - tweedeklas, onoorspronklik? My agterkwart. [boodskap #20370 is 'n antwoord op boodskap #20369] Wed, 27 January 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pluimsaad  is tans af-lyn  Pluimsaad
Boodskappe: 6
Geregistreer: January 1999
Karma: 0
Junior Lid
> ferd...@icon.co.za wrote

> Die tromme dreun oral om ons in Afrika. In die wolke, in die berge, in
> die smiles op die sypaadjie - hoekom is dit nie in die musiek nie? In
> die baseline nie? In die woorde nie?
>
> Die gedigte van Gert Vlok Nel is pure Suid-Afrika. Ek hoor Beaufort
> Wes daarin. Die hoofstraat, die kroeg, die lokomotiewe diep in die
> nag.
> As dit musiek was, was dit uniek Suid-Afrikaanse musiek.
> Tog is Gert Vlok Nel se kunsvorm en die strukture wat hy gebruik
> Europees Westers.
> Maar dit het hier gegroei.
> Dis wat ek bedoel.
>
>

Hel Ferdi, dis baie smart gese - ek stem volkome saam. Verwant hieraan (en
komende van iemand wie se musieksmaak hoofsaaklik in die bebop register dans) -
dit het my opgeval hoe vernuwend die laaste jare van die struggle was op die
musiek rondom my. In Kaapstad, in die dae van die Base en Jazz Den en die
Genuines, was dit opmerklik hoe die energie, vryheidsdrome, frustrasie van
alledaagse lewe hul weg gevind het tot in die musiek. Daar was 'n opwindende,
kreatiewe, en duidelike afrika (hemel, selfs heel lokale Kaapse) karakter te
bespeur in die musiek. Nou val dit my egter ook op, na onlangse besoeke aan
Manenberg's en 'n paar ander plekke in die Kaap, hoedat die musiek in daardie
tyd stagneer het, en 'n soortgelyke vernuwende inspirerende post-apartheid
invloed nerens in die musiek te bespeur is nie. In fact, dis soos jy se -
inspirasie word oorsee gesoek

Ek skat mens kan dieselfde se van soveel ander lewensareas. Argitektuur,
byvoorbeeld. Waar is die Frank Lloyd Wright of I. M. Pei wat hul geboue laat
leef met 'n plaaslike of kulturele invloed - 'n invloed wat groei uit konteks -
'n moderne gebou wat spreek tot 'n "afrika of suid-afrikaanse" invloed.

Leswin
_______________
leswin laubscher
ISPP-Chicago
Re: SA musiek - tweedeklas, onoorspronklik? My agterkwart. [boodskap #20405 is 'n antwoord op boodskap #20369] Thu, 28 January 1999 00:00 Na vorige boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: October 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi

Ek skat ek het jou so 'n bietjie verkeerd verstaan. My indruk was dat jy een
van daai mense is wat eenvoudig Sa musiek afskiet omdat, wel, dit van SA
kom.

Duidelik het jy al bietjie tyd gespandeer op hierdie onderwerp.

Groete
Bees
Vorige onderwerp: Thinus Prinsloo
Volgende onderwerp: Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 18:33:53 UTC 2024