Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bebou
bebou [boodskap #150094] Sa., 01 November 2025 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24572
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bebou
Afbreking: be•bou
Samestelling: be- + bou


Werkwoord: bebou
Verlede tyd: het bebou
Verlede deelwoord: beboud, beboude

Betekenis:
• Om geboue op te rig.
• Om landerye te bewerk en gewasse te plant.

Gebruik:
• Die vloedgebied langs die rivier mag nie bebou word nie.
• Die boer het al die vrugbare grond bebou.

Sinoniem:
• beplant
• bewerk
• kultiveer
• opbou

Afgelei:
• beboubaar
• bebouing

Vertaling:
Engels: to build upon; to farm, cultivate
Nederlands: bebouwen


Byvoeglike naamwoord: bebou, beboud
Attributief: beboude

Betekenis:
• Wat vol geboue is.

Gebruik:
• Die wrakstukke het in 'n beboude gebied geval.

Antoniem:
• onbebou

Vertaling:
Engels: built up
Nederlands: bebouwd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doseer
Volgende onderwerp: onbeboud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Mrt. 10 14:50:49 UTC 2026