| leefarea [boodskap #150076] |
Do., 30 Oktober 2025 14:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24161 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leefarea
Afbreking: leef•a•re•a
Samestelling: leef + area
Selfstandige naamwoord: leefarea
Meervoud: leefareas
Verkleinwoord: leefareatjie
Meervoud van verkleining: leefareatjies
Betekenis:
• 'n Ruimte waar mense kuier en ontspan.
• Die woongebied of habitat van 'n organisme.
Gebruik:
• Vanuit die leefarea lei 'n skuifdeur na 'n patio met 'n ingeboude braai en 'n netjiese tuin.
• Menslike ontwikkeling bedreig die natuurlike leefareas van plante en diere.
Sinoniem:
• leefruimte
Vertaling:
Engels: living area, living space
Nederlands: leefruimte
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|