Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » draend
draend [boodskap #150010] Sa., 25 Oktober 2025 17:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24182
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
draend
Afbreking: dra•end
Samestelling: dra + -end


Byvoeglike naamwoord: draend
Attributief: draende

Betekenis:
• Wat iets dra of hou.

Gebruik:
• Die vrugtebome is al draend.
• Die Here se draende hande ondersteun ons.

Sinoniem:
• bevattend
• houdend

Hiponiem:
• akkerdraend
• blomdraend
• boogdraend
• buideldraend
• geseldraend
• gouddraend
• haardraend
• haatdraend
• helmdraend
• helmknopdraend
• heuningdraend
• himeniumdraend
• jukdraend
• kamdraend
• keëldraend
• kegeldraend
• kieudraend
• knoldraend
• koolstofdraend
• koperdraend
• korreldraend
• kruisdraend
• palmdraend
• pelsdraend
• pensioendraend
• peuldraend
• peulvrugdraend
• rentedraend
• saaddraend
• skermdraend
• spoordraend
• sporedraend
• stamperdraend
• suurstofdraend
• tongdraend
• tongetjiedraend
• veredraend
• voelhoringsdraend
• vrugdraend
• woldraend

Vertaling:
Engels: bearing, carrying, supporting
Nederlands: dragend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van dra.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keëldraend
Volgende onderwerp: korrosief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 02:12:26 UTC 2025