Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskansing
verskansing [boodskap #150004] Vr., 24 Oktober 2025 18:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24180
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskansing
Afbreking: ver•skan•sing
Samestelling: verskans + -ing


Selfstandige naamwoord: verskansing
Meervoud: verskansinge, verskansings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verskans. 'n Struktuur of aksie wat mense of goedere teen aanvalle of ander ongunstige gebeure beskerm.

Gebruik:
• Die aanvallers kon nie die verskansing binnedring nie, maar het al die beeste, perde en kleinvee geplunder.

Sinoniem:
• barrikade
• beskerming
• beskutting
• beveiliging
• bolwerk
• fortifikasie
• skuiling
• skuilplek
• verdediging
• versperring
• versterking

Afgelei:
• teenverskansing
• verskansingsleuning

Vertaling:
Engels: barricade, bulwark, entrenchment, fortification
Nederlands: verschansing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veerkragtigheid
Volgende onderwerp: masjienkode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 14:31:33 UTC 2025