| streektaal [boodskap #149960] |
Di., 21 Oktober 2025 07:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
streektaal
Afbreking: streek•taal
Samestelling: streek + taal
Selfstandige naamwoord: streektaal
Meervoud: streektale
Verkleinwoord: streektaaltjie
Meervoud van verkleining: streektaaltjies
Betekenis:
• 'n Vorm van 'n taal wat in 'n streek gepraat word, met 'n kenmerkende uitspraak, woordeskat of grammatika wat van die standaardtaal afwyk.
Gebruik:
• Die boek is in die streektaal van die omgewing geskryf en belig die plaaslike kultuur op 'n outentieke en geloofwaardige wyse.
Wisselvorm:
• streekstaal
Sinoniem:
• dialek
• gewesspraak
• kontreitaal
Antoniem:
• standaardtaal
Vertaling:
Engels: regional language, regional dialect
Nederlands: streektaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|