| hoofreeks [boodskap #149925] |
Vr., 17 Oktober 2025 20:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofreeks
Afbreking: hoof•reeks
Samestelling: hoof + reeks
Selfstandige naamwoord: hoofreeks
Meervoud: hoofreekse
Betekenis:
• Die belangrikste reeks.
• (sterrekunde) 'n Band van sterre op 'n Hertzsprung-Russell-diagram waarin die sterre volgens hulle helderheid en temperatuur geplaas word.
Gebruik:
• Die suksesvolle sepie het verskeie uitloperreekse opgelewer, maar nie een was so suksesvol soos die hoofreeks nie.
• Sterre op die hoofreeks produseer hulle energie deur die kernfusie van waterstof na helium.
Afgelei:
• hoofreeksster
• hoofreeksfase
Vertaling:
Engels: main sequence
Nederlands: hoofdreeks
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|