| waterloop [boodskap #149907] |
Ma., 13 Oktober 2025 18:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24230 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waterloop
Afbreking: wa•ter•loop
Samestelling: water + loop
Selfstandige naamwoord: waterloop
Meervoud: waterlope
Verkleinwoord: waterlopie
Meervoud van verkleining: waterlopies
Betekenis:
• 'n Natuurlike of kunsmatige kanaal waardeur water vloei, soos 'n rivier, spruit, sloot, voor, ens.
Gebruik:
• 'n Obstruksie in 'n waterloop kan ernstige oorstromings veroorsaak.
Sinoniem:
• watergang
• waterleiding
• waterstroom
• watervoor
Afgelei:
• waterloopkunde
• waterloopkundig
Vertaling:
Engels: watercourse, water run
Nederlands: waterloop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|