| oorerf [boodskap #149812] |
So., 05 Oktober 2025 17:52 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorerf
Afbreking: oor•erf
Samestelling: oor + erf
Werkwoord: erf oor, oorerf
Verlede tyd: het oorgeërf
Teenwoordige deelwoord: oorerwend, oorerwende
Verlede deelwoord: oorgeërfde
Betekenis:
• Om goedere, gene, regte, tradisies, ens. van die een geslag na die volgende oor te dra.
Gebruik:
• Kinders erf gene van beide hulle ouers oor.
• Afrikaans het baie woorde van Nederlands oorgeërf.
Wisselvorm:
• oorerwe
Sinoniem:
• oorlewer
• oorneem
• vererf
Afgelei:
• oorerfbaar
• oorerflik
• oorerwing
Vertaling:
Engels: to inherit, pass to
Nederlands: overerven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|