| grootprater [boodskap #149730] |
So., 28 September 2025 18:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24183 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
grootprater
Afbreking: groot•pra•ter
Samestelling: groot + prater, grootpraat + -er
Selfstandige naamwoord: grootprater
Meervoud: grootpraters
Verkleinwoord: grootpratertjie
Meervoud van verkleining: grootpratertjies
Betekenis:
• Iemand wat grootpraat (dinge oordryf en sy eie beuel blaas).
Gebruik:
• Almal was geskok oor die man se storie, maar het dit laat gaan en gedink hy is maar net 'n grootprater.
Sinoniem:
• beterweter
• grootbek
• pogger
• poghans
• pronker
• raasbek
• spekskieter
• spogger
• windgat
• windlawaai
Verwant:
• grootpraat
• grootpratery
• grootpraterig
Vertaling:
Engels: braggart, boaster, loudmouth, windbag
Nederlands: opschepper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|