Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dankie, Leendert...
Dankie, Leendert... [boodskap #20129] Fri, 22 January 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Senior Lid
...dat jy my en almal herinner aan Rom. 12.

En ja, ek vrees ek moet met jou saamstem. antjie samuels (soms huiwer ek om
mense die eer an te doen om hulle naam met 'n hoofletter te skryf) en andere se
onsmaaklike en smaaklose oorkooksels het 'n soort voorbeeld begin stel wat maar
te gretiglik nagevolg word. Herinner my nogal aan my kinders. Hoe traag hulle
was toe hulle klein was om die goeie na te leef wat ek hulle probeer voorleef,
maar hoe vinnig hulle die swak voorbeeld aangryp en hulle dan verskoon het
met: "Maar Pappa het ook so gemaak." Moeilik om 'n beter voorbeeld te kry van
die Bybelse waarheid dat 'n mens in sonde ontvang en gebore is.

In ieder geval: laat ons maar hoop die skuim wat, soos jy dit stel, nou na bo
gedryf het, netso vinnig weer sal wegwaai.

Geniet jou naweek. Hier in Pennsylvania kan ons glo vooruitsien na milde weer:
ongeveer 50 F, en dalk selfs 'n bietjie sonskyn. Darem beter as die ouens in
die Arktiese Sirkel, waar die son gister ongeveer 12:00 middag na die lang
Arktiese nag so vir 'n halfuur 'n flouerige herverskyning gemaak het.

Henry

Leendert van Oostrum wrote:

> Kwarantyn wrote in message
> ...
>> Hierdie plasing is sekerlik die laagtepunt van swak smaak en minagting van
> die Christelike godsdiens wat ek tot nog toe raakgeloop het. Behalwe jou
> minagting vir die Christene, haak jy sommer ook nog die Moslems aan jou
> gifpen. Dis iets
> waaroor ek nogal versigtig sou wees. Hulle kan baie militant wees. Aan die
> ander kant: God, wat nie met Hom laat spot nie, se wraak is meer ewig van
> aard.....
>
> Ek dink, Henry, dat die verheffende register waarin die diskoers op hierdie
> nuusgroep nou gevoer word, ingelui is deur die voortreflike poësie van Antjie
> Samuels waarop ons vergas is.
>
> En as die skuim nou alles boontoe gedryf het waai dit ook makliker weg. Die
> wraak, maan Paulus ons in Rom 12, moet ons aan God oorlaat.
>
> Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Keuken vraagjes
Volgende onderwerp: Robotte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 17:38:04 UTC 2024