| albino [boodskap #149723] |
So., 28 September 2025 12:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
albino
Afbreking: al•bi•no
Selfstandige naamwoord: albino
Meervoud: albino's
Verkleinwoord: albino'tjie
Meervoud van verkleining: albino'tjies
Betekenis:
• 'n Mens of dier met albinisme ('n tekort aan kleurpigment, soos melanien), gekenmerk deur 'n deurskynende vel, wit hare en 'n pienk of blou iris.
Gebruik:
• Albino's is dikwels die slagoffer van diskriminasie.
Verwant:
• albinies
• albinisme
Vertaling:
Engels: albino
Nederlands: albino
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|