| wik [boodskap #149614] |
Sa., 20 September 2025 17:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wik
Afbreking: wik
Werkwoord: wik
Verlede tyd: het gewik
Betekenis:
• Om te oorweeg of te oordink.
• (verouderd) Om op die hand te weeg.
Gebruik:
• Hy wik nog of hy die aanbod moet aanvaar.
Spreekwoord:
• Hy wik en weeg. [Om van alle kante te beskou.]
• Die mens wik, maar God beskik. [Die mens maak planne, maar dinge gebeur soos God dit bestel.]
Sinoniem:
• deurdink
• nadink
• oorweeg
• peins
Vertaling:
Engels: to consider, reflect, ponder, weigh
Nederlands: wikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|