Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kragpaal
kragpaal [boodskap #149562] Wo., 17 September 2025 14:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24354
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kragpaal
Afbreking: krag•paal
Samestelling: krag + paal


Selfstandige naamwoord: kragpaal
Meervoud: kragpale
Verkleinwoord: kragpaaltjie
Meervoud van verkleining: kragpaaltjies

Betekenis:
• 'n Paal (of mas) waaraan elektriese kraglyne hoog bo die grond hang.

Gebruik:
• Elektrisiteit word vanaf kragstasies deur transmissiekabels, wat deur reuse kragpale ondersteun word, aan die gebruikers gelewer.

Sinoniem:
• kragmas

Vertaling:
Engels: power line, transmission tower, pylon
Nederlands: elektriciteitspaal, hoogspanningsmast

Nota:
• Hoewel "kragpaal" en "kragmas" as sinonieme aangedui word, is kragmaste dikwels groter met hoogspanningslyne vir vervoer oor lang afstande, terwyl kragpale dikwels na huise en ander geboue loop.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorgroot
Volgende onderwerp: snaterbek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jan. 26 20:02:58 UTC 2026