Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN
"Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN [boodskap #20063] Do, 21 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Handskrif
vir Klein Duimpie

George Weideman

("Uit hierdie grys
verblyf" 1987)

vanaand is die sterre wit gewaai
en die aarde ruik na reën en saad -
laat ons buite slaap, my duimpie-lief,
kom lê styf langs ou langeraad.

bedags is ons wóórde van mekaar
en die huis is ongesellig muf -
laat ons buite lit teen lit aankruip
wys vingertjie, neus in die snuf.

met wilde-anys en heuningbos
is jou mond die ene spesery -
soen wil ek jou tot jy handmak is,
tot maan oor berg se mik kom ry;

tot tuinspinnekop kom weefsels draai
en spindrade string van lyf tot lyf -
tot ons, hand oor hand ineengevleg
die sterretekens na'skryf.
Vorige onderwerp: Kom kyk na my AFRIKAANSE webblad - nuwe gedigte!
Volgende onderwerp: "Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 21 19:40:19 MGT 2024