Betekenis:
• (fisika) Die geboë vlak tussen 'n vloeistof en die lug.
• (optika) 'n Lens met 'n konkawe en 'n konvekse kant.
• (anatomie) Halfmaanvormige kraakbeenskyf in die knieë en ander gewrigte.
Gebruik:
• Lees die volume van die vloeistof aan die onderkant van die meniskus af.
• Die glase van 'n bril is meniskusse.
• Die atleet se geskeurde meniskus sal chirurgies herstel word.
Vertaling:
Engels: meniscus
Nederlands: meniscus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.