Betekenis:
• 'n Klein diertjie, ongeveer 'n halwe millimeter lank, met agt pote en 'n ronde bek wat wydverspreid in die see, damme en ander vogtige plekke voorkom, filum Tardigrada.
Gebruik:
• Waterbeertjies is byna onuitwisbaar en kan ekstreme temperature, bestraling, vakuums, hoë druk, uithongering en uitdroging oorleef.
Vertaling:
Engels: tardigrade, water bear
Nederlands: beerdiertje, waterbeertje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.