| glasvog [boodskap #149512] |
Sa., 13 September 2025 17:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
glasvog
Afbreking: glas•vog
Samestelling: glas + vog
Selfstandige naamwoord: glasvog
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Deurskynende, jellie-agtige massa wat vorm aan die oog gee.
Gebruik:
• Die ruimte tussen die lens en die retina van die oogbal is met glasvog gevul.
Sinoniem:
• glasliggaam
Holoniem:
• oog
Vertaling:
Engels: vitreous humour, vitreous body
Nederlands: glasvocht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|