Betekenis:
• 'n Straalvinnige naaldvis, Belone belone.
Gebruik:
• Die geepvis word ongeveer 45 cm lank en kom voor in die brak- en seewaters van die Atlantiese Oseaan, Middellandse See, Karibiese gebied, Swartsee en Oossee.
Vertaling:
Engels: garfish
Nederlands: geep
Nota:
• Waarskynlik van die Middelnederlandse gipen, 'om na asem te snak', verwant aan gaap, wat na die vis se oop bek verwys.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.