| nadoen [boodskap #149395] |
Ma., 01 September 2025 09:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nadoen
Afbreking: na•doen
Samestelling: na + doen
Werkwoord: doen na, nadoen
Verlede tyd: het nagedoen
Betekenis:
• Om te doen wat iemand anders doen.
Gebruik:
• Sy doen alles na wat haar ouer boetie doen.
• Moet hom nie nadoen as hy stout is nie!
• Hierdie prestasie is merkwaardig en sal moeilik nagedoen kan word.
Sinoniem:
• mimeer
• na-aap
• naboots
• namaak
• navolg
• volg
Antoniem:
• voordoen
Vertaling:
Engels: to imitate, mimic, copy, parrot
Nederlands: nadoen, imiteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|