Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klimplant
klimplant [boodskap #149386] So., 31 Augustus 2025 17:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klimplant
Afbreking: klim•plant
Samestelling: klim + plant


Selfstandige naamwoord: klimplant
Meervoud: klimplante
Verkleinwoord: klimplantjie
Meervoud van verkleining: klimplantjies

Betekenis:
• 'n Plant wat teen voorwerpe opgroei (o.a. deur ranke, suigwortels en kronkelende stingels).

Gebruik:
• Die klimop is 'n bekende klimplant.
Klimplante word dikwels gebruik om 'n heining, muur of traliewerk te versier.

Sinoniem:
• rankplant
• slingerplant

Vertaling:
Engels: climbing plant, creeper, climber
Nederlands: klimplant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: MIV
Volgende onderwerp: ryperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 05:17:19 UTC 2025