| afslaan [boodskap #149364] |
Sa., 30 Augustus 2025 17:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afslaan
Afbreking: af•slaan
Samestelling: af + slaan
Werkwoord: slaan af, afslaan
Verlede tyd: het afgeslaan
Betekenis:
• Om iets ondertoe, plat of morsaf te slaan.
• Om die prys te verminder.
• Om 'n balspel te begin.
• Om te urineer.
Gebruik:
• Sy slaan die spinnekop van haar skouer af.
• Die afslaer het die prys met R100 afgeslaan.
• Watter tennisspeler moet die bal volgende afslaan?
• Hulle stop om water af te slaan.
Afgelei:
• afslaanhou
• afslaankap
• afslaankoepee
• afslaanlyn
• afslaantafel
Vertaling:
Engels: to strike off, knock off; to reduce; to serve; to urinate
Nederlands: afslaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|