| radiogolf [boodskap #149350] |
Sa., 30 Augustus 2025 09:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
radiogolf
Afbreking: ra•di•o•golf
Samestelling: radio + golf
Selfstandige naamwoord: radiogolf
Meervoud: radiogolwe
Betekenis:
• 'n Elektromagnetiese golf, tipies in die frekwensie van 3 kHz tot 300 GHz, wat o.a. vir radiokommunikasie, televisie en radar gebruik word.
Gebruik:
• Radiogolwe het, in teenstelling met klankgolwe, nie 'n medium vir voortplanting nodig nie.
Vertaling:
Engels: radio wave
Nederlands: radiogolf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|