| kromming [boodskap #149338] |
Vr., 29 Augustus 2025 16:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kromming
Afbreking: krom•ming
Samestelling: krom + -ing
Selfstandige naamwoord: kromming
Meervoud: kromminge, krommings
Betekenis:
• Die toestand of eienskap van gebuig/geboë wees. Die afwyking vanaf 'n regte lyn of vlak.
Gebruik:
• Die kromming van die pad maak dit moeilik en gevaarlik om daar te ry.
Sinoniem:
• buiging
• kronkel
• kurwe
• kurwatuur
• ronding
• welwing
• wringing
Hiponiem:
• inkromming
• verkromming
• ruggraatkromming
• vogkromming
Afgelei:
• krommingsgraad
• krommingshoek
• krommingslyn
Vertaling:
Engels: curvature, bend, curve, turn
Nederlands: kromming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|