|
Re: enigeiemand hier [boodskap #19955 is 'n antwoord op boodskap #19954] |
Sun, 17 January 1999 00:00 |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 17 Jan 1999 22:47:25 +0200, "subie" wrote:
|hello kom ons gesels,stry of stem saam oor iets
|
|
WOkaai! Sagmoedige Neelsie - hoe verstaan ons jou nou? Ons sal jou
al die stry, gesels en saamstem gee wat jy voor vra, maar dan moet jy
met een mond praat. Hiers genoeg hordes wat jou sal bespring selfs
oor onskuldige goed wat jy mag kwytraak - so laat ek sommer begin -
nou vra jy 'n gestryery, en nie lank terug nie het jy gesê:
"wat het dan nou van die broederliefde geword.ons ou klompie kan net
stry ondermekaar.die eie ek is vir die afrikaner te belangrik en
elkeen wil
n klein generaaltjie wees.voorspoed !!
sagmoedige neelsie"
Tot sover die aanhaling. (...haal ek aan soos Ds Lombard dit altyd
gesê het.)
Of is jy nou besig om hier met jouself te stry? Seker ook maar
olraait.....
Johan
|
|
|
|
|