Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ryke
ryke [boodskap #149240] Wo., 20 Augustus 2025 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ryke
Afbreking: ry•ke
Samestelling: ryk + -e


Selfstandige naamwoord: ryke
Meervoud: rykes

Betekenis:
• 'n Persoon wat baie ryk is (baie besit).

Gebruik:
• Die rykes word ryker en die armes word al armer.

Sinoniem:
• gegoede
• magnaat
• rykaard
• welgestelde

Hiponiem:
• superryke

Vertaling:
Engels: rich person
Nederlands: rijke


Selfstandige naamwoord: ryk
Meervoud: ryke

Betekenis:
• Meervoud van ryk. 'n Staat of nasie onder 'n vors of heerser.

Gebruik:
• Die keiser het oor drie ryke geheers.

Vertaling:
Engels: empires, realms
Nederlands: rijken


Byvoeglike naamwoord: ryk
Vergrotende trap: ryker
Oortreffende trap: rykste
Attributief: ryk, ryke
Partitief: rykes

Betekenis:
• Attributiewe vorm van ryk. Wat baie besit.

Gebruik:
• Ons is trots op die skool se ryke tradisie van akademiese uitnemendheid.

Hiponiem:
• alkoholryke
• beeldryke
• belofteryke
• blaarryke
• bloedryke
• bloemryke
• blomryke
• boomryke
• bosryke
• eilandryke
• eiwitryke
• gedagteryke
• geesryke
• genotryke
• glansryke
• glorieryke
• heilryke
• insigryke
• invloedryke
• klankryke
• kleurryke
• kunsryke
• leerryke
• liefderyke
• lommerryke
• loofryke
• lowerryke
• luisterryke
• natuurryke
• omvangryke
• roemryke
• saakryke
• sangryke
• sapryke
• sinryke
• skaduryke
• smartryke
• sonryke
• spreukryke
• storieryke
• talentryke
• talryke
• troosryke
• verbeeldingryke
• vindingryke
• vitamienryke

Vertaling:
Engels: rich
Nederlands: rijke

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: behoeftige
Volgende onderwerp: Transvaals
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Des. 27 13:19:54 UTC 2025