| gekwalifiseerd [boodskap #149236] |
Wo., 20 Augustus 2025 17:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24355 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gekwalifiseerd
Afbreking: ge•kwa•li•fi•seerd
Samestelling: ge- + kwalifiseer + -d
Byvoeglike naamwoord: gekwalifiseer, gekwalifiseerd
Attributief: gekwalifiseerde
Betekenis:
• Wat kundig en bevoeg is (omdat hulle bewys het dat hul aan die standaarde en vereistes voldoen).
Gebruik:
• Hy is nie gekwalifiseerd om die prosedure uit te voer nie.
• Sy is 'n gekwalifiseerde onderwyseres.
Sinoniem:
• afgestudeer
• bedrewe
• bekwaam
• bevoeg
• geleerd
• vakkundig
• volleerd
Antoniem:
• ongekwalifiseerd
Vertaling:
Engels: qualified
Nederlands: gekwalificeerd
Nota:
• Voltooide deelwoord van kwalifiseer.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|