Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ballas
ballas [boodskap #149166] Sa., 16 Augustus 2025 20:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24202
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ballas
Afbreking: bal•las


Selfstandige naamwoord: ballas
Meervoud:

Betekenis:
• Dooie gewig, o.a. om 'n skip te stabiliseer of 'n lugballon te anker.
• Die gruis onder die dwarslêers van 'n treinspoor.

Gebruik:
• Die ballas verlaag die skip se swaartepunt sodat dit nie maklik sal omslaan nie.
• Die ballas versprei die las op die spoor, help met dreinering en keer dat plant deur die spoor groei.

Hiponiem:
• balanseerballas
• waterballas

Afgelei:
• ballasbed
• ballaslaag
• ballasmandjie
• ballaspomp
• ballastenk
• ballasvrag
• ballasweerstand
• ballasyster

Vertaling:
Engels: ballast; track ballast
Nederlands: ballast; ballastbed


Selfstandige naamwoord: bal
Meervoud: balle, ballas

Betekenis:
• (geselstaal, plat) Die testikels of saadballe.

Gebruik:
• Die hond lek sy ballas.

Hiponiem:
• hangballas

Vertaling:
Engels: balls
Nederlands: ballen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitgewerk
Volgende onderwerp: agteruitgaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 13:07:31 UTC 2025