| geharnas [boodskap #149158] |
Sa., 16 Augustus 2025 10:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geharnas
Afbreking: ge•har•nas
Samestelling: ge- + harnas
Byvoeglike naamwoord: geharnas
Attributief: geharnaste
Betekenis:
• Wat 'n harnas (beskermende klere) dra.
• Wat reg is vir 'n geveg; van goeie argumente voorsien.
Gebruik:
• Die geharnaste ridders het op volle spoed op mekaar afgejaag.
• Is jy teen versoeking geharnas?
Sinoniem:
• bepantser
• beskerm
• gewapen
• strydbaar
• weerbaar
Vertaling:
Engels: armored, protected
Nederlands: geharnast
Nota:
• Voltooide deelwoord van harnas/ geharnas.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|