| onreg [boodskap #149136] |
Do., 14 Augustus 2025 17:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onreg
Afbreking: on•reg
Samestelling: on- + reg
Selfstandige naamwoord: onreg
Meervoud: onregte
Verkleinwoord: onreggie
Meervoud van verkleining: onreggies
Betekenis:
• Iets wat nie reg is nie.
Gebruik:
• Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang. [Kolossense 3:25]
Spreekwoord:
• Drank verdra geen onreg nie. ['n Dronk persoon word makliker beledig as 'n nugter persoon.]
Sinoniem:
• misdaad
• onbillikheid
• ongeregtigheid
• onredelikheid
• onregverdigheid
• oortreding
• perversiteit
Antoniem:
• reg
Afgelei:
• onregverdig
• onregmatig
• veronreg
Vertaling:
Engels: injustice, wrong
Nederlands: onrecht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|