Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » metriek
metriek [boodskap #149131] Do., 14 Augustus 2025 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24163
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
metriek
Afbreking: me•triek


Byvoeglike naamwoord: metriek
Attributief: metrieke

Betekenis:
• Betreffende die metrieke stelsel, of in metrieke eenhede afgemeet.

Gebruik:
• Die meter, kilogram en liter is metrieke eenhede.
• Een metrieke ton is 1000 kg.

Vertaling:
Engels: metric
Nederlands: metriek


Selfstandige naamwoord: metriek
Meervoud: woorde

Betekenis:
• (poësie) Die leer van die versbou, of die gebruik van metrum, die maat waarin 'n vers geskryf is.
• (wiskunde) Funksie wat die afstand tussen enige paar elemente van 'n versameling definieer.

Gebruik:
• Die gebrekkige metriek maak dit moeilik om die gedig te lees.
• Die metriek of afstandsfunksie is 'n formule wat beskryf hoe verplasing deur 'n bepaalde ruimte in afstande uitgedruk word.

Vertaling:
Engels: metric
Nederlands: metriek

Nota:
• Moenie "metriek" met "matriek" (graad 12) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weerwil
Volgende onderwerp: Hindoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 13:26:40 UTC 2025