| swawel [boodskap #149124] |
Wo., 13 Augustus 2025 16:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24154 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swawel
Afbreking: swa•wel
Selfstandige naamwoord: swawel
Meervoud: –
Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool S en atoomgetal 16.
Gebruik:
• Swawel is reukloos in suiwer vorm, maar vorm stinkende verbindings soos waterstofsulfied (H2S) wat na vrot eiers ruik.
Wisselvorm:
• swael
Afgelei:
• swawelagtig
• swawelbad
• swawelbevattend
• swawelbron
• swaweldioksied
• swawelgeel
• swawelhoudend
• swawelneerslag
• swawelsuur
Vertaling:
Engels: sulphur, sulfur
Nederlands: zwavel
Selfstandige naamwoord: swawel
Meervoud: swawels
Verkleinwoord: swaweltjie
Meervoud van verkleining: swaweltjies
Betekenis:
• Klein sangvoël wat feitlik oor die hele wêreld voorkom.
Gebruik:
• Swawels is goeie vlieërs en kom net af grond toe om water te drink of nesmateriaal te versamel.
Hiponiem:
• bergswawel
• seeswawel
• windswawel
Vertaling:
Engels: swallow, martin, swift
Nederlands: zwaluw
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|