Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kwaad wind" deur CHARL DURAND
"Kwaad wind" deur CHARL DURAND [boodskap #19880] Wed, 13 January 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kwaad wind
Hogsback orkaan '99

Charl Durand

'n kwaad gees sak uit 'n donker hemel
breek die denne flenters en trek bruisende sluise oop
mense hou op tuin natgooi
hardloop na hul telefone
vergeefs

kwaad wind
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
ly jy aan dronkverdriet
kom jy kla by ons
oor stout kinders en ontroue lovers

in die boomryke heuwels bly net stompies oor
chaos waardeur stroompies nuwe paaie worstel
als is onvoorbereid verklaar
soos sodom en gomorra bewys hy
ons is maar net soutpilare

kwaad wind
hoekom haal jy jou hangups uit op ons
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
kom sit hier met jou gesig in jou hande
vertel ons als
Vorige onderwerp: Fragmente uit "Tram-ode" deur UYS KRIGE
Volgende onderwerp: "Arlesiennes" deur N.P. van Wyk Louw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 03:42:55 UTC 2024