| verre [boodskap #149052] |
Vr., 08 Augustus 2025 20:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verre
Afbreking: ver•re
Samestelling: ver + -e
Bywoord: verre
Betekenis:
• In 'n hoë mate.
Gebruik:
• Hy is by verre die beste speler in die span.
Spreekwoord:
• Hulle kom van heinde en verre. [Van naby en ver.]
Hiponiem:
• dusverre
• hoeverre
• soverre
Afgelei:
• verregaande
• verreikend
• verreweg
Vertaling:
Engels: far
Nederlands: verre
Byvoeglike naamwoord: verre
Attributief: verre
Betekenis:
• Wat baie ver weg is.
Gebruik:
• Die lig van 'n verre vuurtoring breek deur die mis.
Spreekwoord:
• Liewer 'n goeie buurman as 'n verre vriend. [Iemand wat naby is, kan meer hulp verleen as 'n vriend wat ver is.]
Vertaling:
Engels: distant, remote
Nederlands: verre
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|