| domestikeer [boodskap #149042] |
Vr., 08 Augustus 2025 14:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
domestikeer
Afbreking: do•mes•ti•keer
Werkwoord: domestikeer
Verlede tyd: het gedomestikeer
Verlede deelwoord: gedomestikeerde
Betekenis:
• Om 'n wilde dier of plant mak te maak (sodat dit saam met mense kan leef, of deur mense benut kan word).
Gebruik:
• Mense het deur die eeue geleer om plante te domestikeer, waarvan koring waarskynlik die eerste was.
• Wilde wolwe is tot mak troeteldiere gedomestikeer.
Sinoniem:
• tem
Antoniem:
• verwilder
Afgelei:
• domestikasie
Vertaling:
Engels: to domesticate
Nederlands: domesticeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|