| gedruk [boodskap #149034] |
Do., 07 Augustus 2025 18:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gedruk
Afbreking: ge•druk
Samestelling: ge- + druk
Byvoeglike naamwoord: gedruk
Attributief: gedrukte
Betekenis:
• Wat gedruk is.
Gebruik:
• Ek verkies gedrukte boeke bo elektroniese boeke.
Spreekwoord:
• Hy lieg asof dit gedruk staan. [Leuens baie goed inmekaar vleg.]
Sinoniem:
• gepars
• gepers
Afgelei:
• afgedruk
• deurgedruk
• doodgedruk
• ingedruk
• inmekaargedruk
• nagedruk
• ondergedruk
• oopgedruk
• oorgedruk
• opgedruk
• platgedruk
• saamgedruk
• terneergedruk
• toegedruk
• uitgedruk
• vasgedruk
• vetgedruk
Vertaling:
Engels: printed
Nederlands: gedrukt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|