Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontvangs
ontvangs [boodskap #149020] Wo., 06 Augustus 2025 19:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontvangs
Afbreking: ont•vangs
Samestelling: ontvang + -s


Selfstandige naamwoord: ontvangs
Meervoud: ontvangste

Betekenis:
• 'n Verwelkoming, of plek waar iemand verwelkom word.
• Die handeling om iets te ontvang.
• Die opvang van 'n sein.

Gebruik:
• Die ontvangs by die hotel was professioneel, dog vriendelik.
• Moenie gesteelde goedere in ontvangs neem nie.
• Die radio se ontvangs is uiters swak.

Sinoniem:
• begroeting
• resepsie
• verwelkoming

Hiponiem:
• antenneontvangs
• heldeontvangs
• hotelontvangs
• radio-ontvangs
• TV-ontvangs

Afgelei:
• ontvangsarea
• ontvangsbewys
• ontvangsdame
• ontvangsdepot
• ontvangskantoor
• ontvangslokaal
• ontvangsaal
• ontvangstasie
• ontvangstoestel
• ontvangstoonbank

Afkorting:
• ontv.

Vertaling:
Engels: reception, welcome; acceptance; reception of signal
Nederlands: ontvangst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koffieboon
Volgende onderwerp: afstam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 12:35:35 UTC 2025