| uitgelate [boodskap #149004] |
Wo., 06 Augustus 2025 10:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24110 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitgelate
Afbreking: uit•ge•la•te
Byvoeglike naamwoord: uitgelate
Vergrotende trap: meer uitgelate
Oortreffende trap: mees uitgelate
Attributief: uitgelate
Betekenis:
• Wat baie vrolik is en dit tot uiting bring.
Gebruik:
• Die uitgelate kinders het gesing en gedans.
• Die hond spring uitgelate deur die oop hek en begin om opgewonde te blaf.
Sinoniem:
• baldadig
• jolig
• jubelend
• juigend
• lawaaierig
• luidrugtig
• onbeteueld
• opgewonde
• plesierig
• spelerig
• uitbundig
• verheugd
• vrolik
Afgelei:
• uitgelatenheid
Vertaling:
Engels: exuberant, ebullient, elated, joyful, wanton, boisterous
Nederlands: uitgelaten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|