Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opsuig
opsuig [boodskap #148985] Ma., 04 Augustus 2025 20:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsuig
Afbreking: op•suig
Samestelling: op + suig


Werkwoord: suig op, opsuig
Verlede tyd: het opgesuig

Betekenis:
• Om deur te suig boontoe of binnetoe te neem.

Gebruik:
• Die plant se wortels suig die water op.
• Die stofsuier het die vuilgoed op die vloer opgesuig.

Wisselvorm:
• opsuie

Sinoniem:
• inneem
• insuig
• intrek
• opneem
• opslurp

Afgelei:
• opsuigend
• opsuiging
• opsuigvermoë

Vertaling:
Engels: to suck up
Nederlands: opzuigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bouler
Volgende onderwerp: kruidagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 06:49:08 UTC 2025